Voorkom dubbel kommissie

Voorkom dubbel kommissie

EIENDOMSNUUS – ‘n Eiendomsagent moet meer doen as om ‘n gewillige en gekwalifiseerde koper aan die verkoper voor te stel, of ‘n bindende verkoops-ooreenkoms te bewerkstellig, om kommissie te verdien.

Hy of sy moet inderdaad die “effektiewe oorsaak” van die transaksie wees, sê Jan Davel, besturende direkteur van die RealNet-eiendomsgroep. “Met ander woorde, die koper moet na die eiendom gelok word, of in kennis gestel word dat dit te koop is, deur so ‘n agent se eie bemarkingsaksies.

Dit sluit in die plasing van advertensies en die aanbied van skoudae.
“Maar dié beginsel, wat die afgelope jare keer op keer deur die howe bekragting is, kan maklik daartoe lei dat verkopers ‘dubbel kommissie’ moet betaal as hulle nie met groot omsigtigheid te werk gaan wanneer hulle hul verkoopsmandaat van een agentskap na ‘n ander skuif of as hulle toelaat dat verskeie agente terselfdertyd hulle eiendom bemark nie.”

Dit gebeur ook dikwels, sê hy, dat die verkoper wie se eiendom deur een agentskap of agent bemark word deur ‘n ander agent genader word met die aanbod om ‘n transaksie met ‘n koper wat danksy die eerste agent se bemarking in die eiendom belangstel, teen ‘n laer kommissie te bewerkstellig.

“Maar indien ‘n transaksie in so geval gesluit word, sal die eerste agent ‘n goeie saak kan maak dat hy of sy inderdaad die ‘effektiewe oorsaak’ van die transaksie was en dus op kommissie geregtig is – selfs al het die tweede agent die verkoopsooreenkoms behartig en selfs al het die verkoper reeds kommissie aan die tweede agent betaal.”

Wyer inslag
Die konsep het selfs ‘n wyer inslag, sê Davel. “Indien ‘n persoon wat die eiendom saam met ‘n agent besigtig later iemand anders van die eiendom vertel en so ‘n persoon die eiendom deur ‘n ander agent koop, kan die eerste agent steeds as die ‘effektiewe oorsaak’ van die transaksie beskou word en die verkoper sal heel waarskynlik vir kommissie aanspreeklik gehou kan word.”

‘n Gesonder benadering in sulke gevalle, sê hy, is dat die tweede agent met die eerste agent ooreenkom hoe die kommissie verdeel gaan word – en om dan die verkoper skriftelik kwyt te skeld van enige verdere kommissiebetaling of eise om skadevergoeding deur die eerste agent.

Enige agent wat nie dié prosedure volg nie en dus die kliënt blootstel aan ‘n eis vir ‘dubbel kommissie’ sal inderdaad die wetlike Gedragskode vir Eiendomsagente oortree en hom- of haarself blootstel aan dissiplinêre optrede deur die Raad op Eiendomsagentskap-aangeleenthede.

“In die meeste gevalle is dit egter baie veiliger vir verkopers om bloot ‘n alleenmandaat toe te ken en daarby te hou of, andersyds, om seker te maak dat hulle skriftelike vrywaring verkry en ‘n afskrif bekom van die ooreenkoms tussen agente om kommissie te deel voordat hulle enigsins ‘n koop-aanbod onderteken waarby verskeie agente betrokke is.”

Article source: http://www.mosselbayadvertiser.com/news.aspx?id=21177

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

* Copy this password:

* Type or paste password here:

2,617 Spam Comments Blocked so far by Spam Free Wordpress

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

New Products

SuidkaapFM

Ons Praat Digitaal Op Suidkaapfm.com

Search the Garden Route

Eden-Portal-Header2

Follow Us On The Web!

viagra